GRAAFF-REINET NUUS - Die goedhartige Annetjie Alberts (72) het onlangs 'n hele paar kombersies aan inwoners van Huis Van de Graaff gaan uitdeel.
Alberts het hierdie projek, om kniekombersies te hekel op haar eie begin.
Sy het tot dusver 20 kombersies uitgedeel om die lywe warm te hou by Huis Van de Graaff.
Sy beoog om nog sowat 27 klaar te maak en dan te oorhandig. Alberts hekel elke kombers en dit vat redelik lank om so baie kombersies te maak, sê sy.
Sodra al die bejaardes van Huis Van de Graaff hulle komberse ontvang het, gaan sy vir die ander ouetehuise ook maak.
Indien jy 'n paar bolle wol het wat net daar rondlê en die potensiaal het om in een van Alberts se kombersies omskep te word, kontak haar by 072 308 5575 vir reëlings.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’