KAROO NUUS - Koshuisinwoners van Huis Eybers het van 12 tot 15 Oktober op hul jaarlikse koshuistoer na Boknesstrand gegaan.
Die naweek het koud en reënerig begin, maar dit het nie die gees van die leerders gedemp nie.
Saterdag het die son weer sy gesig gewys en dit was tyd vir 'n dag van strandpret en swem.
'n Uitstappie na Bathurst het vir groot vermaak gesorg toe leerders die reusepynappel tussen Port Alfred en Bathurst op die R67 besoek het. Nog 'n hoogtepunt was die besoek aan die Addo Olifant Nasionale Park. Sondag laatmiddag was almal terug by die koshuis om nie die naelbyt-rugbywedstryd te mis nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’