HOFMEYR NUUS - Hofmeyr Laerskool en Twinsville DRC Primêr het onlangs ruim skenkings ontvang van Hofmeyr Hugs of Hope, die opleidingsinstansie op Hofmeyr.
Albei die skole het maskers en stoelsakkies vir hul grondslagfase leerders ontvang.
“Ons was besonder bevoorreg om ook skryfbehoeftes, lêers en bybelstudiegidse te ontvang,” sê Chalaine Fleurs, skoolhoof by Twinsville DRC Primêr.
“Die kinders was so opgewonde oor die nuwe stoelsakkies, dat ons hulle eers 'n bietjie buite moes laat sit, terwyl ons die sakkies vir hul boeke oor die stoele hang."
Thea Dorfling van Hofmeyr Hugs of Hope sê die skenking pas perfek by hulle doelwit: opleiding. "En waar beter dan by grondslagfase leerders? ‘n Gelukkige leerder word ‘n gelukkige tiener en dan ‘n tevrede volwasse wat sy of haar mikpunte bereik.”
Die nuwe graad R leerders by Twinsville DRC is ook Vrydag bederf met sjokolade gevulde kolwyntjies.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'