KAROO NUUS - Altesaam 37 mm sagte reën het oor die afgelope twee dae (2de en 3de November) oor die Bamboesbergreeks uitgesak waar die distrikte van Molteno, Hofmeyr en Steynsburg bymekaar aansluit.
Dit bring die reënval in hierdie area oor die afgelope elf maande op meer as 700 mm.
Gemiddelde jaarlikse reënval in die omgewing het in die laaste 30 jaar nog nooit 400 mm oorskry nie.
Die R391-roete is plek-plek bykans onbegaanbaar as gevolg van modder op die padoppervlak. Swaarvoertuie moet liefs dié roete vermy.
Reën in die Bamboesberge.
Reën Woensdagaand in Hofmeyr.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'