Video
HOFMEYR NUUS EN VIDEO - Die gemeenskap van Hofmeyr het weer vir 'n hele klompie dae saamgewerk om alles in gereedheid te kry vir die Kersdiens wat op 26 November in die NG Kerk aangebied is.
Hierdie jaar is daar, in plaas van die tradisionele kerssangdiens, 'n toneelstuk, Rose vir ’n Kerskind aangebied.
Talle jong boere het as herders diens gedoen, met Suanné Vermaak wat die rol van Maddeleen vertolk het. Willem van Heerden, orrelis, het alle musiekverwerkings gedoen, en die orrel beman, terwyl die tradisionele Betlehem Ster, wat elke jaar elke kind in die kerk met verwondering vul, weer deur Roelf Opperman, met hulp deur Ds Ferdi Gouws, hanteer is.
Elmien Downey het weer die trompet gespeel, terwyl klein Johan du Plessis hierdie jaar die tromspeler was tydens die opvoering van Little Drummer Boy.
Na afloop van die geleentheid is daar 'n oggendtee in die kerksaal aangebied, en Kersvader het ook opgedaag om aan die kindertjies onder twaalf jaar elk 'n geskenk te oorhandig. Hennie van Heerden het hierdie jaar dié rol vertolk.
Ronel Gouws en haar span het reggestaan met die silwer en koningsblou dekor van die kerk en saal.
VIDEO - Elisma de Jager:
Kinders bring blomme na die krip.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’