STEYTLERVILLE NUUS - Hoërskool Carel du Toit in Steytlerville het ‘n gemiddelde matriekslaagsyfer van 67,6% vir die 2023 akademiese jaar behaal.
Dit is aansienlik beter as 2022 se slaagsyfer van 45,3%.
Die skool se topstudent is Pedre Dirk gevolg deur Jacqueline Ndoni in tweede plek. Abongile Klaas en Byron Jantjies is bykans kop-aan-kop in derde en vierde plek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’