GRAAFF-REINET NUUS — Twaalf leerders van Hoër Volkskool het op 10 Maart aan die Debatfees tydens die Woordfees op Stellenbosch deelgeneem.
Die vier spanne van drie leerders elk is ingedeel in die 'Harde Koejawels'- en 'Ou Hande'-kategorieë.
Hoër Volkskool het teen spanne van Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Belville, Paul Roos, Paarl Gim, Jan van Riebeeck, Bloemhof, Stellenberg, DF Malan en Swartland deelgeneem.
Hoër Volkskool is trots op die skool se spanne wat hulle baie goed van hul taak gekwyt het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'