GRAAFF-REINET NUUS — Verlede week, op 25 Julie, het die leerders van Hoër Volkskool se ATKV-Jeugtak, Die Volksmond, hul onderwysers uitgedaag tot ‘n kookkompetisie.
Goeie gees het onder die spanne geheers.
Die voorstitter, Annelou van der Mescht, ondervoorsitter, Justin Gafoor, oud-onderwyseres, Mariëtte Olivier en Gertjan Holtzhausen, streeksbestuurder van Bloemfontein, het die moeilike taak gehad om die wenspan aan te wys.
Die wenspan het bestaan uit Paula Zandberg, Suliza van Wyk, Wynand Volschenk en Louis van der Walt.
Na afloop van die kompetisie het die personeel heerlik gesmul aan al die geregte wat gemaak is.
Die ATKV-lede het ook, terwyl hulle die kookmanewales van die personeel aanskou het, hul eie kompetisie gehou - die versiering van kolwyntjies.
Ben van der Merwe is hier as die wenner gekroon.
Die Volksmond bedank graag die ATKVwat as borg bygedra het tot die sukses en genot van die aand.
Die onnies wat agter die kookpotte moes inspring.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'