GRAAFF-REINET NUUS - Corle Ferreira, Erwin Ittershagen-Strauss en Christi Potgieter is drie nuwe aanstellings by Hoër Volkskool.
Corle Ferreira het 2012 aan Gill College te Somerset-Oos gematrikuleer.
Sy het daarna Sportwetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat studeer, met swem en swemafrigting as haar spesialiteit.
Sy wil baie graag swem by Volkskool bevorder.
Erwin Ittershagen-Strauss is 'n ou bekende in die dorp.
Hy het in 2014 sy skoolloopbaan voltooi by Hoër Volkskool waarna hy 'n graad in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het.
Hy is huidiglik besig met 'n 'Advances Diploma in Teaching" aan die Noord-Wes Universiteit.
Erwin bied Graad 8 en 9 Sosiale Wetenskappe aan, asook Graad 10 en 11 Besigheidstudies.
Hy wil graag die Volkskoolleerders inspirieer om 'n lewende verhouding met God te hê en te streef na uitnemendheid.
Christi Potgieter het in 2010 matriek geskryf aan Eunice High School for Girls in Bloemfontein.
Sy het 'n BSc graad in Amerika voltooi en daarna Biokinetika te Kovsies studeer.
Sy het haar honneursgraad in Biokinetika aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.
Christi is aangestel as sekretaresse van die skool maar is ook aktief betrokke by die tennis van die skool.
Sy beoog om 'n biokinetikapraktyk in die toekoms oop te maak om sodoende sportrehabilitasie in Graaff-Reinet te doen.
Hoër Volkskool is baie opgewonde oor die jong bloed wat by hulle aangesluit het en wens hulle alle voorspoed met hul toekoms by die skool toe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'