Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het 'n baie besondere ope dag gehad. Vir baie gr. 7-leerders was dit die eerste druk van die sneller van ‘n skyfskietgeweer.
Om regte longe te sien en toe deur middel van 'n demonstrasie, te sien hoe dit werk was ook ‘n belewenis. Die eksperimente in die fisiese wetenskap laboratorium het ekstra vonk aan die dag gegee.
Die met kreatiewe talent kon dit uitleef in die versiering van koeke.
In die saal is daar klem gelê op die waardes wat Hoër Volkskool ‘n unieke skool maak. Hierdie waardes sluit eerlikheid, respek en lojaliteit in. Dit het aangesluit by die keuse wat elke mens maak volgens Psalm 1.
Daar is verwys na die belangrikheid van akademie, kultuur en sport in die ontwikkeling van leerders tot volwassenheid. Baie mooi klavierspel en sang het die talent van die skool se leerders beklemtoon. 'n Modeparade van die leerlingraad met die somer- en wintersdrag was ook op die program. 'n Inligtingstuk is bekendgestel, asook 'n dataprojektoraanbieding.
Daar was ‘n aanbieding vir die voornemende ouers, sowel as besigtigingstoere deur die skool en koshuis.
Die dag is afgesluit met heerlike verversings by die Volksie-klubhuis. Volkskool vriendskapsbande is reeds gesmee vir 2020 en die jare daarna.
Om regte longe te sien en toe deur middel van 'n demonstrasie, te sien hoe dit werk was ook ‘n belewenis
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'