HOFMEYR NUUS - Die Hofmeyr Hugs of Hope vrywilliger, Brenda du Plooy (50) is Sondag 14 Mei in Cradock-hospitaal oorlede.
Sy was sedert 2017 by die instansie betrokke en was vloerbestuurder by Hugs se winkel.
'n Troosdiens, onder leiding van ds. Japie Taljaard, het op Vrydag 19 Mei by Hofmeyr Hugs of Hope plaasgevind. Sy laat haar eggenoot, Martin en twee kinders, Nico en Belinda, agter. Haar heengaan laat 'n groot leemte by Hugs.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’