STEYNSBURG NUUS - Die maandelikse plaasmark by Harmonie buite Steynsburg, het weer die afgelope Saterdag, 4 Maart, gaste en stalletjiehouers van oral gelok.
Dié breinkind van Klaudia Viljoen is reeds in 2012 gebore, en gaan van krag tot krag.
Stalletjiehouers het al gekom en gegaan deur die jare, maar Klaudia het elke maand 'n keurige versameling op hul plaas.
Die skuur is ingerig en daar is ook 'n gesellige teetuin en ook badkamergeriewe. Harmonie is 11 km buite Steynsburg op die R56 geleë.
Die Trek 2 Teebus-fietsuitdaging word ook elke jaar van Harmonie af beplan.
Enige iets van vars vleis, skilderye, verruklike eetgoed, kunsartikels, plantjies en tuinornamente is die afgelope naweek te koop aangebied.
Popklere, en babaklere kry ook wyd belangstelling.
Klaudia bedryf ook 'n WhatsApp groep waar stalletjie-eienaars hul ware kan adverteer en bestellings kan neem.
Uitstallers en besoekers reis van regoor die Oos-Kaap om die plaasmark te ondersteun.
Besoekers kuier die dag kort met heerlike geselskap en lekker kos.
'Ons bring jou die nuutste Steynsburg, Karoo nuus'