GRAAFF-REINET NUUS — Die boogskutters van Hoër Volkskool het onlangs aan die eerste NASP-interskole kompetisie wat in Graaff-Reinet gehou is, deelgeneem.
Die byeenkoms is by die Hoër Volkskool-skietbaan gehou.
Hoewel boogskiet slegs sedert vroeër dié jaar jaar by Volkskool aangebied word, dra die boogskutters se harde werk reeds vrugte.
Boogskutters van Oos-Londen en Port Elizabeth het teen HVS se leerders aan dié kompetisie deelgeneem.
In die Bullseye-afdeling het Zander Grassman van die Kwagga-boogskietklub eerste onder die senior seuns geëindig met 288 punte uit 'n totaal van 300.
Jaco van Loggerenberg van die HVS-boogskietklub het tweede gekom met 283 punte en Daniel McNaughton, ook van die HVS-boogskietklub, derde, met 277 punte.
Onder die senior meisies het Schimonique Badenhorst van die Kwagga-boogskietklub eerste gekom met 262, gevolg deur Juryna Fourie (HVS-boogskietklub) in die tweede plek met 253 punte en Petrone Fourie (HVS-boogskietklub) derde met 252.
Onder die junior meisies het Janneke Grassman van die Kwagga-boogskietklub eerste gekom, gevolg deur Rachel Krause van die Buffalo Archery Club in die tweede plek en Johane Pretorius van die Kwagga-boogskietklub in die derde plek.
In die 3D-afdeling het Zander Grassman van die Kwagga-boogskietklub eerste gekom met 'n totaal van 271 uit 'n moontlike 300 punte.
Hoër Volkskool se Jaco van Loggerenberg het tweede geëidig met 'n telling van 266 en Barend Badenhorst (Kwagga-boogskietklub) derde met 255.
Onder die senior meisies het Juryna Fourie van Hoër Volkskool eerste gekom in dié afdeling met 'n telling van 263, gevolg deur Schimonique Badenhorst (Kwagga-boogskietklub) in die tweede plek met 240 punte en Petrone Fourie van HVS derde met 209 punte.
By die junior meisies het Janneke Grassman en Johane Pretorius van die Kwagga-boogskietklub die eerste en tweede plek onderskeidelik verower, met Rachel Krause van die Buffalo Archery Club in die derde plek.
Die kompetisie se beste groottotale uit 600 is behaal deur twee skuts van die Kwagga-boogskietklub: (seuns) Zander Grassman met 559 en (meisies) Janneke Grassman met 519.
Die verskeie Volkskool-leerders wat die Top 3 in hul afdelings behaal het het gewys dat harde werk beloon word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'