ABERDEEN NUUS - Die DBNM se gemeenskapsdienste-direktoraat het in die afgelope weke 'n operasie van stapel gestuur om munisipale begraafplase in die distrik skoon te maak.
Begraafplase in Graaff-Reinet is reeds skoongemaak en in die afgelope twee weke het die munisipale spanne in Aberdeen se een begraafplaas begin werk.
Inwoners het vir maande gekla oor die oorgroeide en vuil toestand van die begraafplase. Die werk in Aberdeen is nog nie voltooi nie, maar die verskil in die een begraafplaas is duidelik sigbaar.
Die ingang lyk stukke beter.
Die laaste gedeelte wag nog geduldig.
Eerste indrukke is nou rus in vrede. Foto's: Alex Lombaard
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’