GRAAFF-REINET NEWS – Martin Lakey van Graaff-Reinet is voor-verlede Vrydag uit 113 Oos-Kaapse wenners van SPAR se Creative Cooks Local Legend kookkompetisie as een van die algehele top drie wenners tydens ‘n luisteryke geleentheid aangekondig.
Die Creative Cooks-kompetisie het die publiek uitgedaag om hul gunsteling familie-resepte by hul plaaslike SPAR-winkels op te dis.
Lakey het die plaaslike been van dié kompetisie verlede Julie by Camdeboo SPAR in Graaff-Reinet gewen.
Op Vrydag, 19 Januarie, het SPAR Oos-Kaap 'n gala-aand by die Boardwalk Konferensiesentrum in Port Elizabeth gehou om die meer as 100 kliënte van verskeie Oos-Kaapse SPAR-winkels wat die kompetisie gewen het, te vier.
Sherwood SPAR se Krystal van Vuuren, SUPERSPAR Lady Frere se Gcobisa Papiso en Martin Lackay van Camdeboo SPAR is bekend gemaak as die top drie algehele wenners van die kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'