GRAAFF-REINET NEWS - Die televisieprogarm Fiësta is nou al vir meer as tien jaar sinoniem met feeste in ons land, asook in buurlande soos Namibië.
Die program besoek weekliks ’n ander fees.
Só word daar nie net regoor die land gekuier nie, maar bring hulle interessante plekke na die sitkamers van hul kykers.
Die Fiëstaspan het dan ook ‘n besoek aan Graaff-Reinet afgelê tydens die onlangse Karoo-lus Fees.
Tydens dié besoek het hul, onder andere, ‘n vlug met Fly Karoo geniet.
Graaff-Reinetters kan uitsien na dié episode van Graaff-Reinet wat op Woensdagaand 5 Desember uitgesaai gaan word op kykNET & Kie (DSTV kanaal 145) om 21:30.
“n Heruitsending sal dan op Sondag, 9 Desember, 18:30 op kykNET & Kie (DSTV kanaal 145) gewys word.