GRAAFF-REINET NUUS - Op Woensdagmiddag, 20 Februarie, oor die etensuur, het die breë Graaff-Reinet gemeenskap saam stilgeword en gebid vir reën in droogtegeteisterde gebiede en ook dankie gesê vir die reën wat reeds mildelik in sekere gebiede geval het.
Verskeie plaaslike geestelike leiers het die samekoms in gebed gelei en daar is saam gebid vir die gemeenskap, gemeenskapleiers en landsleiers.
Daar is ook geleentheid gegee vir elkeen om homself voor die Here te verootmoedig en saam te bid.
Die diens is goed bygewoon deur die inwoners van Graaff-Reinet en omgewing.
“Ek haal graag ‘n geestelike leier aan met die volgende: ‘In die Ou Testament is daar die belofte dat die Here reën sou gee wanneer mense hulle voor God verootmoedig. Maar vandag verootmoedig ons ons nie voor God om bloot reën te ontvang nie maar om weereens ‘n besluit te neem om gehoorsaam voor God te leef hetsy of dit nou reën of nie reën nie’. Daar staan in Matt 5:45 ‘… en Hy laat sy reën val op diè wat reg doen en diè wat verkeerd doen.’ Daarom wil ons elkeen vra om aan te hou bid vir reën, maar ook om reg te leef voor God, want dit bly ons belangrikste uitdaging en aansporing tot geestelike volwassenheid,” aldus dr. Ben van Tonder, leraar van die NG Graaff-Reinet gemeente.
Verskeie plaaslike geestelike leiers het die samekoms in gebed gelei.
Die diens is goed bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'