GRAAFF-REINET NUUS - Hoewel die oostelike dele van die Oos-Kaap en talle ander dele van die land of wegspoel of goeie reën ontvang, bly dit droog in die westelike dele van die Oos-Kaap en so ook in Graaff-Reinet.
Port Elizabeth is glo nou waar Kaapstad was toe die moederstad 3 jaar gelede Dag Zero genader het.
Die totale reënval In Graaff-Reinet vir Januarie, soos gemeet deur Thinus Ferreira by sy huis op die dorp, het nie eers 40mm gemaak nie.
Maandag was die Nqweba-damvlak op byna 12%, darem sowat 0,6% hoër as aan die begin van Januarie.
• Graaff-Reinet Januarie reënval: 38 mm
• Graaff-Reinet Februarie reënval (2/2/21): 0 mm
• Nqweba Dam (1/2/21): 11,94%
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'