GRAAFF-REINET NUUSFLITS – Die plaaslike munisipaliteit ondervind tans groot uitdagings in verband met die verskaffing van water aan al die woonbuurte in Graaff-Reinet.
Watervoorsiening vanaf die dam is onlangs gestaak aangesien damvlakke nie voldoende is om water te voorsien nie – water word dus nou vanaf boorgate voorsien.
Dit noodsaak alle verbruikers in die munisipaliteit om asseblief by die waterbeperkings te hou.
Die publiek word versoek om water baie spaarsamig te gebruik.
Die voorsiening van water sal van tyd tot tyd onderbreek word en Graaff-Reinetters kan verwag dat uitdagings aangaande watervoorsiening voortdurend sal wees.
Inwoners wat in hoër gebiede geleë is, moet verseker dat hulle altyd emmers met water byderhand het, aangesien water nie altyd geredelik beskikbaar sal wees nie.
Die munisipaliteit oorweeg tans selfs meer drastiese stappe soos die rantsoenering van water.
Inwoners word versoek om alle waterlekkasies onmiddellik te rapporteer en ook uit te kyk vir enige lekkasies van hul toilette (water wat voortdurend van die reservoirbak na die toiletbak loop).
Die munisipaliteit behou, ingevolge die bepalings van Verordening nr 1628 van 20 November 2006, die reg om waterbeperkings in te stel om water te bespaar.
Lees meer in verband met die waterbeperkings in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'