KAROO NUUS - Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda sal die naweek 'n miernes van bedrywighede wees met die jaarlikse Stoep Tasting wat plaas vind.
Die Stoep Tasting vind die jaar vanaf 26 tot 28 Mei plaas en word deur die Karoo-wynklub aangebied.
Die eerste Stoep Tasting naweek is in 2014 in Graaff-Reinet gehou waar slegs vyf produseerders op vyf stoepe aan die geleentheid deelgeneem het. Slegs 45 kaartjies is verkoop.
Vandag is dit een van die voorste wynproegeleenthede in die land en neem meer as 70 wynproduseerders aan die eksklusiewe geleentheid deel.
Toeriste kry die geleentheid om deur die strate van Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda te wandel en op die stoepe van gastehuise en restaurante te sit en topgehalte wyne te geniet.
Die amptelike proetye is Donderdag en Vrydag vanaf 14:00 tot 18:00 en Saterdag vanaf 12:00 tot 18:00.
Vanjaar se fees beloof ook om weereens iets vir almal te bied. Behalwe vir wynproe is daar ook ander vermaak op die spyskaart. Lettie's Plant and Gifts Pop-Up Shop, Paardekraal Produce, Agavesol, Chip 'n Dip en Cheese Gourmet sal ook daar wees.
Daar is ook 'n Karoo-mark by Union Pre School met kosstalletjies en die Volksie Stoepfees wat van 27 tot 29 Mei plaasvind.
Die Martin's Street Market in Nieu-Bethesda sal ook iets wees om te aanskou.
Graaff-Reinet se stoepe is vol.
Vandag is dit een van die voorste wynproegeleenthede in die land en neem meer as 70 wynproduseerders aan die eksklusiewe geleentheid deel.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'