GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet Primêr het Saterdagoggend, 8 Junie, 'n High Tea gehou ten bate van die skool se saalfonds.
Die gasspreker vir die geleentheid was Milah Venter. Haar lewenstaak is om mense te leer hoe om die Bybel te lees sodat dit elke dag 'n effek op hul lewens het. Sy is betrokke by die gemeenskap met hierdie lewenstaak.
Die onderwysers se tafels was pragtig gedek en gelaai met lekker eetgoed.
Gelukkige nommers is uitgeloof met geskenkies vir die wenners. Die dame met die beste hoed op het ook 'n bederf-prys ontvang.
Die skool wil graag hul borge en gaste bedank vir hul ondersteuning.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'