GRAAFF-REINET NUUS - Die jongspan van Graaff-Reinet Primêr het Vrydagoggend, 3 Februarie, atletiek by die Botaniese-sportveld gehou.
Dit was interne atletiek met twee spanne, naamlik die Dare Devils en Wild Cats.
Die dag was Karoo-warm, maar die leerders het hulle kant gebring en hulself geniet.
Die eerste twee atlete van elke item kwalifiseer vir die interskole byeenkoms wat op Vrydag 10 Februarie by die Botaniese-sportveld in Graaff-Reinet plaasvind.
Waylyn Swartz, kranige o.7-atleet van die Dare Devils het in die 60 m en 80 m deelgeneem en albei items gewen. In haar tweede wedloop het sy behoorlik alles uitgehaal en met minstens 30 m voor haar naaste teenstander geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'