KAROO NUUS - Die afgelope paar dae het sekere dele in die Karoo goeie reënvalsyfers aangeteken.
Veral boere in die Jansenville-distrik juig oor die meer as 29 mm reën wat daar uitgesak het.
Die Oppi-vlak-padstal was vir 'n paar dae gesluit nadat deurdringende reën die terrein in 'n dam omskep het, maar dit was weer van verlede Vrydag af oop vir besigheid.
In Graaff-Reinet is 11 mm in drie dae aangeteken wat die inwoners van oor tot oor laat glimlag het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'