GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool het voor die begin van die 2018 skooljaar hul nuwe Graad 8-leerlinge met 'n kamp verwelkom.
Die kamp word jaarliks deur die skool se leerlingraad aangebied.
Tydens die kamp het die skool se nuwelinge oor die skool se sisteme geleer, ken-mekaar sessies bygewoon en uitgevind waar alles op die skoolterrein geleë is.
Die leerders het sommer gou begin tuis voel en was goed voorberei vir hul eerste dag van skool
Maandagoggend, 15 Januarie, het dié leerlinge die skool vermaak met uittreksels uit, onder andere, Binnelanders en 7de Laan.
Party Graad 8's het hul baie goed van hul taak gekwyt en behoort hulle verseker 'n loopbaan in drama en die kunste te oorweeg.
Maandag se verrigtinge is afgesluit met 'n modeparade deur die Graad 8-meisies in "rokke" wat hul self ontwerp het.
Die Graad 8 Koning en Koningin is ook tydens dié geleentheid aangewys - Adriaan Fourie is gekroon as Koning en Chloe Stannard as Koningin.
Maandagoggend, 15 Januarie, het Hoër Volkskool se nuwelinge die skool vermaak met uittreksels uit, onder andere, Binnelanders en 7de Laan, tydens 'n konsert.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'