GRAAFF-REINET NUUS — Die Graad 1's van Laer Volkskool het Port Elizabeth verlede Donderdag, 12 Oktober, besoek.
Dié uitstappie na Port Elizabeth is 'n jaarlikse instelling by die skool.
Die uitstappie het baie suksesvol verloop en het die kinders hulself gate uit geniet.
Die groep het by die brandweer aangegaan, 'n draai by die see gemaak en die Holmeleigh-plaas besoek.
Die leerders het 'n rit in die brandweerwa geniet, koeie gemelk en heerlik in die see baljaar.
Die skool bedank graag al die ouers wat die uitstappie meegemaak het en 'n hand bygesit het.
Die groep het by die brandweer aangegaan, 'n draai by die see gemaak en die Holmeleigh-plaas besoek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'