Video
KAROO NUUS - Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Rietbron het Erfenisdag op 24 September met 'n toespaslike braaikompetisie gevier.
Maria Rex, 'n deelnemer, vertel dat die rook sommer van vroegdag af al gedraai het en dat daar glad nie 'n tekort aan drinkgoed, vleis en lekker kuier was nie.
Verskeie staatsdepartemente, die gemeenskapspolisiëringsforum, plaaslike munisipaliteit, en Rietbron-besigheidsforum het ook kom braai, vertel Rex.
Maria Rex met haar spanlede Hannetjie Miggels en Alida Jafta van die Departement van Gesondheid het loshande met 14 punte gewen.
Lesley Miggels met sy spanlede Luciano van Reenen, Andrew Kosmos en Lena Smit, van Rietbron-GPF, het met 12 punte 'n tweede plek behaal. Nicole Griffets en Shanice Moolow, van die Departement van Onderwys, het derde plek met 11 punte behaal.
Die beoordeelaar, Jason Jantjies van Rietbron, is die moeilike taak opgelê om te kyk wie se tjoppie die beste was. Alle voorbereide etes is na afloop van die dag aan gestremdes in die Rietbrongemeenskap bedien.
Verskeie staatsdepartemente, die gemeenskapspolisiëringsforum, plaaslike munisipaliteit, en Rietbron-besigheidsforum het ook kom braai, vertel Rex.
VIDEO: Kom ons vier erfenisdag!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’