GRAAFF-REINET NUUS - Lara Goosen, 'n oud-leerder van Hoër Volkskool, gematrikuleer in 2017 en studeer tans in haar tweede jaar BCom Regte aan die Universiteit van Pretoria, het die Golden Key-toekenning ontvang op grond van haar eerste jaar se studies aan Universiteit.
Sy is die dogter van Dr. Ben en Sanet van Tonder. Sy het haar matriekjaar in Hoër Volkskool begin nadat sy van graad 8-11 in Hoërskool Delmas, Mpumulanga skool gegaan het.
Lara was steeds een van die top presteerders by die skool, ten spyte van die groot skuif en uitdagings wat 'n nuwe skool in die laaste jaar van haar skoolloopbaan gebied het.
Sy het vier onderskeidings gedurende matriek behaal.
Nadat sy haar B.Com graad klaargemaak het, wil sy graag sy haar LLB-graad voltooi en dan bekwaam as 'n advokaat.
Sy wil graag tydens haar loopbaan ander help in nood, met die kennis wat sy verwerf het gedurende haar studie.
"Golden Key is the world's largest collegiate honor society. Membership into the Society is by invitation only and applies to the top 15% of college and university sophomores, juniors and seniors, as well as top-performing graduate students in all fields of study, based solely on their academic achievements. As an international honor society with more than 400 chapters at colleges and universities around the world, Golden Key is committed to a high standard of scholastic achievement, and an ethos of integrity, innovation, respect, collaboration and diversity."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'