GRAAFF-REINET NUUS - Meer as 24 mm reën het sedert gister (Woensdag 22 Desember) tot vanoggend (Donderdagoggend) om 06:30 in Graaff-Reinet geval.
Goeie reënbuie het oral in die Karoo uitgesak.
Op Dinsdag (21 Desember) is 13 mm gemeet.
Die totale reënsyfer van Januarie vanjaar tot op 14 Desember staan op 311.5 mm.
Die Karoo is in sy mooiste kleure getooi.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'