GRAAFF-REINET NUUS - Motorfietsklub Wanted het ook vandeesmaand hul deel vir die gemeenskap gedoen.
Die goedhartige motorfietsryers het toiletware ter waarde van ongeveer R11 000 ingesamel vir Huis van der Graaff.
"Ons het 'n passie vir wat ons doen en wil graag teruggee vir die gemeenskap," het president van die klub Neels Erasmus aan die Advertiser gesê.
Die klub bedank inwoners van Graaff-Reinet vir hul betrokkenheid om die projek 'n sukses te maak.
Die klub sal later vanjaar nog 'n projek aanpak.
Kontak Neels Erasmus op 072 399 1692 of Jay Jay Schoeman op 083 235 6491 om betrokke te raak.
Die motorfietsryers het buite Gem Garage bymekaargekom, waarna hulle saam na Huis van der Graaff gery het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'