GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Die volgende leerders van Laer Volkskool, wat lede is van Karoo Gimnastics, het onlangs aan 'n virtuele gimnastiekkompetisie deelgeneem en puik gepresteer.
Elrie Pretorius en PG Lambrecht het goue medaljes gewen, terwyl Kate Pieterse 'n silwermedalje en Bea van Wyk, Mia Troskie, Ane Troskie, Haley Mostert, Sky Mostert, Jani Pretorius en Lila Delport almal brons ingepalm het.
Die presterende gimnaste is voor, van links: Bea van Wyk, Lila Delport, Mia Troskie, Jani Pretorius, Ane Troskie en Elrie Pretorius.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'