CRADOCK NUUS - Geslotekringtelevisiekameras in Cradock het die oggend van 16 Junie 'n gesteelde Hyundai I10 opgemerk waar dit die dorp binnery.
Die polisie se K9-eenheid is in kennis gestel en Cradock-sekuriteit was op onmiddellike bystand geplaas.
Dié voertuig en insittendes is onderskep en na die plaaslike polisiestasie geneem waar die gesteelde voertuig onderskep is en die bestuurder arresteer is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’