GRAAFF-REINET NUUS - Nóg 'n stewige besending mooigoed vir kleingoed is op pad na die Rooikruis-kinderhospitaal danksy die ruim harte en vlytige vingers van Elzie Combrinck en haar span helpers in Graaff-Reinet.
Dié groepie barmhartige Samaritane brei en hekel wollerige speelgoed vir siek kinders van dié hospitaal. Die ouer kinders kry 'n waslap, seep en allerhande lekker ruikgoed.
Elzie, wat die projek bestuur, sê haar hart swel van trots oor die talle mense wat oorskietwol skenk en besighede wat van die toiletware borg.
Sy is diep dankbaar vir die span helpers wat hul tyd, energie en entoesiasme gee om die harte van siek kinders te verbly. Sy glo ook dié projek is 'n Goddelike ingryping en dat sy maar slegs Sy voertuig is om dit te bestuur.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'