HOFMEYR NUUS - Die Hofmeyr-gemeenskapsontwikkelings-forum is druk besig om die omgewing en die woonbuurte te verfraai.
Nadat die Pramkoppies buite Hofmeyr op Menseregtedag, 21 Maart, netjies skoongemaak is, is daar moeite gedoen om "1874" en "Hofmeyr" netjies wit te verf.
Verskeie borge was betrokke met die finansiering van die projek.
Daar word ook groot moeite gedoen om Twinsville- en Eluxolweni-woonbuurte se vuilgoedhope op te ruim, in samewerking met Enoch Mgijima-munisipaliteit.
Vordering is duidelik sigbaar. Hofmeyr Hugs of Hope het ook Dinsdag 28 Maart wintersaailinge afgelewer aan selfversorgende tuiniers om voorsiening te maak vir vars groenteproduksie in die winter. Talle gesinne is afhanklik van hierdie produkte.
Hofmeyr is gestig in 1873, presies 150 gelede, in die laagte onder die Prammenkoppen, bekend as Pramkoppenleegte. Dié tweelingkoppies staan vandag in die volksmond sommer as Pramkoppies bekend.
Vuilgoedhope word opgeruim sodat gesaai kan word. Foto: Londozwa Ntetha
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’