CRADOCK NUUS - Aantal gemeenskapslede van Cradock het vanoggend breekpunt bereik nadat daar weer eens verlede nag emmers en kanne diesel uit groot vragmotors, wat oornag in JA Calatstraat, gesteel is.
Dit gebeur op gereelde grondslag en die gemeenskap het die straatkinders uit die rivier, waar hul teen die walle woon, gaan uithaal en een seun is nakend, deur die persone tot by die vragmotors geneem, terwyl hy voortdurend geslaan is.
Verskeie vroue het op sosiale media hul misnoeë in die oneffektiewiteit van die Polisie te kenne gegee.
Op latere foto's van dieselfde voorval is die polisie egter duidelik sigbaar, waar hul die gemeenskapslede probeer kalmeer.
Daar word in Cradock gereeld by voertuie ingebreek, en inwoners in Lingelihle en Michausdal leef in vrees want hul ervaar op gereelde basis inbrake en diefstal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’