GRAAFF-REINET NUUS - Die NG Grootkerk het onlangs 'n liefdadigheidsprojek geloods waar die gemeenskap gevra word om 'n kussing, of twee, of drie, aan die dorp se bejaardes te skenk.
Kussings kan in die loop van die week, of op Sondae voor of na die erediens by die kerkkantoor ingehandig word.
Die kerk se barmhartigheidspan sal dan die kussings na die verskillende tehuise vir bejaardes in die dorp neem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Hessequa nuus'