KAROO NUUS - 'n Herdenkingsdiens ter ere van kommandant Gideon Scheepers word op Saterdag, 18 Januarie om 5.30nm by die Gideon Scheepers gedenkklip op die R63 na Murraysburg, langs die Nqwebadam gehou.
Ds Louis Venter, voormalige leraar van Graaff-Reinet, sal die diens waarneem.
Scheepers was 'n boere militêre leier en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Hy is gebore op 4 April 1878 en op 18 Januarie 1902 tereggestel waar die gedenksteen vandag is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'