GRAAFF-REINET NUUS – Verskeie motorfietsers van Graaff-Reinet en omtrek is vandag op pad na ‘n motorfiets-saamtrek in Mosselbaai.
Die Buffalo Rally, 'n ikoniese jaarlikse gebeurtenis in Mosselbaai, word dié jaar van 16 tot 18 Maart aangebied.
Dit is die 13de agtereenvolgende jaar wat dié saamtrek in Mosselbaai aangebied word en neem duisende motorfietsers jaarliks hieraan deel.
Die Graaff-Reinet Advertiser wens alle motorfietsers wat die naweek die paaie aandurf oppad Mosselbaai toe ‘n veilige rit toe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuuus'