Video
OOS-KAAP NUUS EN VIDEO - Die Gariepdam het gisteraand, 29 Desember oorgeloop. Hierdie is die grootste dam in Suid-Afrika.
Die Oranjerivier is die langste rivier in ons land en die aansienlik styging in die rivier sal in die komende dae bydra tot die vlak van die dam.
Vanaf die Gariepdam loop die Oranjerivier verby die Colesberg- en Philippolis-distrikte tot in die Vanderkloofdam, die tweede grootste in Suid-Afrika.
Dis altyd 'n skouspel wanneer die dam oorloop en besoekers en toeriste gebruik die geleentheid om 'n dagrit daarvan te maak om die dam te besoek en ook piekniek in te pak.
Video verskaf:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’