GRAAFF-REINET NUUS - Motoriste en diegene met motorfietse kan nou 'n sug van verligting slaak nadat plaaslike konstruksiewerkers verlede Woensdag die groot gaping in die Kerkstraatpad oor die Sondagsrivierbrug met teer opgevul en weer rybaar gemaak het.
Mense met wiele moes vir lank baie versigtig oor die groot gaping in die pad ry sodat die bande van hul voertuie nie beskadig word nie.
Hier is die padkonstruksiewerkers besig om die teer gelyk te maak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'