GRAAFF-REINET NUUS - Tiaan Fourie, 'n leerder van Hoër Volkskool, het onlangs aan die Bloemfontein-skou deelgeneem.
Hy het baie goed gevaar en het die volgende uitslae behaal;
- Vyfde plek in die 5 gang-kinderryperd (ruiters 16 jaar en onder)
- Vyfde plek in die parkperd (ruiters 16 jaar en onder)
- Derde plek in die 3 gang-ruiterkuns (onder 16 jaar)
- Derde plek in die 5 gang-plesierperd (ruiters 18 jaar en onder.
Sy perd is ook aangewys as die Suid-Afrikaanse Grootkampioen 5 gang-plesierperd gery deur 'n ruiter 18 jaar en onder.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'