GRAAFF-REINET NUUS - Inperking-luiheid? Nie by die Van Wyk-gesin van Graaff-Reinet nie! Hulle was hard aan die werk om tydens vlak vyf van inperking 56 km te voltooi.
"Aan die begin van inperking het ek gedink ons moet iets doen om aan die gang te bly, waarvan die kinders ook kan deel wees," verduidelik Suliza van Wyk, 'n onderwyser aan Hoër Volkskool.
"Ons het elke dag 'n paar kilometers gedoen, terwyl die kinders saamgedraf het of sommer met hulle fietse saamgery het."
Van Wyk sê dit was nie fisies uitmergelend nie, maar die grootste uitdaging was om elke dag dieselfde sirkels oor en oor te hardloop. "Ons het slote in ons tuin gehardloop!" deel Van Wyk. Die gesin is beslis bly dat hulle nou tussen 6vm en 9vm 'n bietjie vryheid buite kan geniet.
Volgens Van Wyk bak en brou die gesin maar verder om besig te bly, en huiswerk word ook gedoen. "Die kinders mis hul maatjies en juffrouens vreeslik," sê Van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'