GRAAFF-REINET NUUS - Drie jong mans van Witbank het op Saterdag 22 Mei op Witbank in Mpumalanga in die pad geval op hul fietse op 'n roete na Mosselbaai wat oor 1 450 kilometer strek. Gert Nagel, Wihl Vermaak en Barry Crouch se doelwit is om geld in te samel vir die kinders van die Rizpah-bediening.
Hierdie bediening is in 2005 gestig en versorg sedertdien behoeftige kinders. Meer as 60 kinders word tans deur hulle onderhou.
Die fietsryers het vanoggend (Woensdag 26 Mei) om 07:00 uit Steynsburg vertrek en as alles volgens plan verloop sal hulle teen ongeveer 16:00 in Graaff-Reinet arriveer.
Diegene wat graag hierdie inisiatief wil ondersteun kan met Anet Jansen by 083 666 1507 kontak maak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'