GRAAFF-REINET NUUS - Twee van Graaff-Reinet se skole-netbalspelers het die kans van ‘n leeftyd om hul talente en vaardighede in Engeland te gaan opskerp.
Lykita Koeberg en Lara du Plessis is vir die uitgesoekte Arthur Johnson Uitnodigingspan gekies wat in September na Engeland gaan toer en teen Engeland se beste o.18 netbalspanne gaan meeding.
Om die twee netbalsterre te help om die toer mee te maak, word daar ‘n heerlike steak-aand by Pioneers beplan op Vrydagaand, 1 Junie.
Kaartjies beloop R120 per persoon. Die ete begin om 18:00. Moenie die geleentheid misloop om twee jong meisies se drome te help bewaarheid nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'