WILLOWMORE NUUS - Elmor Primêr in Willowmore het uiteindelik gister,23 Januarie, oopgemaak nadat die skoolbeheerliggaam (SBL) en ouers van hierdie skool verlede week besluit het dat dit gesluit sal bly totdat die tekort aan onderwysers aangespreek word.
Volgens Zola Menze, voorsitter van die EFF in Willowmore is daar tans ‘n tekort aan vier onderwysers by Elmor Primêr.
Dít het hulle vasgestel toe hulle, as deel van die EFF se Back to School-veldtog, besoek by al die plaaslike skole afgelê het. Menze is van mening dat die tekort aan onderwysers dit onmoontlik maak vir die skool om behoorlik te funksioneer en dat die kinders van Willowmore daardeur ‘n onreg aangedoen word.
Lees meer in Donderdag se uitgawe
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Tuinroete nuus'