GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Donderdagmiddag, 2 Februarie, het 38 spanne van sakeondernemings in Graaff-Reinet en omgewing aan die klubgeborgde somer-besigheidsliga by die Graaff-Reinet-rolbalklub deelgeneem.
Die eerste ronde was om te bepaal wie voorlopig teen mekaar te staan sal kom. Die toptien spanne is Octofin, PG Glass, Profcon, Top Spinners, Spar, Nel Boerdery, Montego Cubs, Victoria 'n Square, Karoo Ford en ATKV.
Daar bly nog vier rondes oor en spelers sien uit na groot pret.
Die wedstryde vind elke Donderdag plaas.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'