Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die kleuters van die Weppie Preppie-kleuterskool op Graaff-Reinet het verlede Vrydag, 2 November, hul “Eendag as ek groot is”-drome uitgeleef.
Al die kleuters het aangetrek soos die beroep wat hulle eendag wil volg.
Polisiemanne en -vroue, asook brandweerpersoneel het groot aftrek gekry.
Daar was ook ‘n hele paar onderwysers, dokters, verpleegsters en ‘n boer of twee.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'