KAROO NUUS - Een is persoon is vanoggend omstreeks 04:10 dood toe 'n taxi op die R61 tussen Beaufort-Wes en Aberdeen gerol het.
Die ongeluk het 60km van Graaff-Reinet plaasgevind.
Volgens polisie skakelbeampte, kapt Bradley Rawlinson, was die taxi in die rigting van Graaff-Reinet oppad toe die voorval plaasgevind het.
Daar was 12 mense in die taxi.
Om 08:20 was die polisie en nooddienste nog op die toneel.
Lees meer aanlyn en in die volgende uitgawe van die Graaff-Reinet Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'