GRAAFF-REIENT NUUS - Die Graaff-Reinet en Distrik Kankervereniging, in samewerking met die Camdeboo Nasionale Park, verskeie ander rolspelers en vrywilligers, beplan om gedurende Nasionale Parkeweek 'n baie spesiale geleentheid op die dorp aan te bied.
Op Saterdag, 15 September, sal die heel eerste Spore vir Kanker (Tracks for Cancer) geloods word.
Die Spore vir Kanker-inisiatief sou aanvanklik net 'n stap-, draf en fietrsygeleentheid behels het, maar aangevuur deur die entoesiasme van al die organiseerders, is daar besluit om 'n projek van stapel te stuur waaraan voorskoolse atlete, rolstoeldeelnemers, stappers, hardlopers, die nie-so-fiks fietsryers, die baie-fiks fietsryers, padmotorfietse, veteraanmotorvoertuie, avontuurmotorfietse en 4x4-voertuie kan deelneem.
Die meeste van die deelnemers se wedlope/-renne sal 'n roete deur die nasionale park behels, die veteraanmotors en padmotorfietse sal vanuit die dorp 'n gedeelte van die R63 sal ry, terwyl die terwyl die avontuurmotorfietse en 4x4's Driekoppe-roete gaan aanpak.
Siende dat die geleentheid tydens Parkeweek gaan plaasvind, is toegang tot die park gratis vir plaaslike sowel as besoekende deelnemers.
Alhoewel toegang en deelname gratis is, word belangstellendes egter aangemoedig om 'n donasie te maak - houers vir donasies sal by die beginpunt van elke wedloop gestasioneer word.
Die voltooïng van vrywaringsvorms is verpligtend.
Daar word in alle kategorieë voorsiening gemaak vir deelnemers se verskillende fiksheidsvlakke:
Rolstoelatlete en voorbereidingsskole begin om 09:00 by die Vallei van Verlatenheid se hoofingang op die R63 na Murraysburg.
Deelnemeners kan aan verskeie afstande - van 500m tot 3km - deelneem. Alle deelnemers sal 'n 'Superhero'-medaljes ontvang. Navrae kan gerig word aan Margie Parkes by 082 447 7637.
Die 5km-stap of -hardloop item word aangebied deur die Graaff-Reinet en Distrikte Kankvereniging in samewerking met die ATKV. Die wegspring vir stappers, hardlopers en bergfietsryers is om 09:10 by die Gannaleegte-ingang na die Park op die R63 na Murraysburg. Belangstellendes word aangeraai om 'n piekniekmandjie en koffie saam te bring, aangesien alle deelnemers 'n verpligte koffiepouse halfpad deur die roete sal hê.
Skilpad-medaljes sal aan deelnemers oorhandig word tydens die koffiepouse.
Vir verdere navrae kan Archie Cronje gekontak word by 072 700 9450.
Die 32km-bergfietswedren sal by die Park se Impangele-hek op die R63 na Murraysburg om 09:00 wegspring. Johan Sparrius kan by 082 574 4637 gekontak word vir meer inligting.
Die 40km avontuurfiets- en 4x4-roete begin om 08:30 by die Driekoppen/Kroonvale ingang na die Park. Gustav Grassman kan in verband hiermee gekontak word by 082 925 1511.
Die Midland Classic Car Club se 20km-roete skop af by die ReCollection Rides-museum om 09:00.
Padfietse gaan 'n afstand van 20km aflê en spring ook weg by die ReCollection Rides-museum om 09:00. Navrae kan gerig word aan Andre van Rensburg by 082 333 6767.
Alle Graaff-Reinetters wat goeie gesondheid en gees vier, word uitgenooi om dié gebeure te ondersteun.
Nie-deelnemers is ook as toeskouers en ondersteuners welkom - so ook hul donasies by enige van die beginpunte.
Die klem van die geleentheid val nie op mededingendheid nie, maar op die viering van goeie gesondheid, erkenning van ondersteunende strukture en ondersteuning van die plaaslike Graaff-Reinet en Distrik Kankervereniging se pogings in hierdie verband.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'