KAROO NUUS - Drie mangaantrokke was gister, Sondag 28 Januarie, in twee afsonderlike ongelukke op die N10 betrokke.
Die eerste voorval het gistermiddag naby die Klipfontein-afrit plaasgevind toe 'n vragmotor wat mangaan vervoer, omgeslaan en sy vrag verloor het.
Drie bane was vir verkeer gesluit en mangaan het oral oor die pad gelê. Die toneel word vandag opgeruim.
Die tweede voorval het omstreeks 23:10 naby Paterson plaasgevind toe twee mangaantrokke mekaar teen 'n hoë spoed van voor getref het.
Een baan is sedertdien vir ligte voertuie oopgestel. Swaarvoertuie word deur Addo herlei.
In hierdie stadium is dit onbekend of daar enige sterftes aangemeld is. Meer inligting hieroor sal volg sodra dit bevestig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’