GRAAFF-REINET NUUS - Die predikant van NG Graaff-Reinet, dr. Ben van Tonder, het Sondag, 5 Mei, 'n volle 25 jaar in die bediening as predikant gevier.
Dr Van Tonder is gebore op 10 November 1967 in die Jakarandastad. Tydens sy matriekjaar roep die Here hom vir die bediening na ‘n ingrypende gesprek met die skoolhoof.
Hy matrikuleer in 1986 en begin die volgende jaar sy teologiese studies aan Tukkies en verwerf 'n BA en BD-graad in teologie, asook 'n honneursgraad in bybelkunde.
Daarna verwerf hy 'n verdere twee meestersgrade in jeugbediening en familiebediening, en begin droom oor sy doktorsgraad in prediking.
Hy verwerf dan ook in 2010 sy PhD aan die Universiteit van Pretoria.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'